Eségiël 15:3-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Word daar hout van geneem om vir ’n stuk werk te gebruik? Of neem ’n mens daar ’n pen van om allerhande goed aan op te hang?

4. Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; as die vuur sy twee ente verteer het en sy middelste stuk geskroei is, sal dit deug vir ’n stuk werk?

5. Kyk, toe dit heel was, kon daar niks van gemaak word nie; hoeveel minder, as die vuur dit verteer het en dit geskroei is, sal daar dan nog iets van gemaak kan word.

6. Daarom, so sê die Here Here: Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:

Eségiël 15