1. EN dit is die seën waarmee Moses, die man van God, die kinders van Israel geseën het voor sy dood.
2. En hy het gesê: Die Here het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tienduisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.
3. Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges — hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake.