20. As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die takke rond soek nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.
21. As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.
22. En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf was in Egipteland; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.