3. Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.
4. Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want die Here sal jou ryklik seën in die land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem;
5. as jy net goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al hierdie gebooie wat ek jou vandag beveel.
6. Want die Here jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
7. AS daar by jou ’n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die Here jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.
8. Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.