Deuteronómium 15:17-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. dan moet jy ’n els neem en dit deur sy oor en in die deur steek, sodat hy vir altyd jou slaaf word; en ook met jou slavin moet jy net so doen.

18. Dit moet nie hard in jou oë wees as jy hom as vry man van jou laat weggaan nie, want die dubbele loon van ’n dagloner het hy vir jou ses jaar lank ingedien; en die Here jou God sal jou seën in alles wat jy doen.

19. AL die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die Here jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.

20. Voor die aangesig van die Here jou God moet jy dit jaar vir jaar eet op die plek wat die Here sal uitkies, jy en jou huis.

21. Maar as daar ’n liggaamsgebrek aan is — lam of blind, enige lelike gebrek — dan moet jy dit nie aan die Here jou God offer nie;

22. in jou poorte mag jy dit eet, die onreine en die reine saam, soos die gemsbok en die takbok.

23. Net die bloed mag jy nie eet nie; jy moet dit op die grond uitgooi soos water.

Deuteronómium 15