Deuteronómium 15:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. AAN die einde van sewe jaar moet jy ’n kwytskelding laat plaasvind.

2. En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die Here is daar ’n kwytskelding uitgeroep.

3. Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.

4. Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want die Here sal jou ryklik seën in die land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem;

Deuteronómium 15