2 Samuel 9:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jónatan?

2. En die huis van Saul het ’n dienaar gehad, met die naam van Siba; en hulle het hom na Dawid geroep, en die koning het hom gevra: Is jy Siba? Toe antwoord hy: U dienaar!

3. En die koning vra: Is daar nie nog iemand van die huis van Saul, dat ek die guns van God aan hom kan bewys nie? Toe sê Siba aan die koning: Daar is nog ’n seun van Jónatan, wat lam is aan altwee voete.

4. En die koning vra hom: Waar is hy? Toe sê Siba aan die koning: Kyk, hy is in die huis van Magir, die seun van Ámmiël, in Lódebar.

5. Daarop het koning Dawid gestuur en hom laat haal uit die huis van Magir, die seun van Ámmiël, uit Lódebar.

6. Toe Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, by Dawid inkom, het hy op sy aangesig geval en hom neergebuig. En Dawid het gesê: Mefibóset! En hy het geantwoord: Hier is u dienaar.

2 Samuel 9