15. en Jibhar en Elisúa en Nefeg en Jáfia,
16. en Elisáma en Éljada en Elifélet.
17. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting.
18. En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.
19. Toe het Dawid die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die Here het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee.