3. En die bydrae van die koning uit sy goed vir die brandoffers was: die môre- en die aandbrandoffers en die brandoffers vir die sabbatte en die nuwemane en die feestye, soos voorgeskrywe is in die wet van die Here.
4. En hy het die volk, die inwoners van Jerusalem, bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die wet van die Here al hulle krag kon wy.
5. En toe die bevel verbrei is, het die kinders van Israel baie eerstelinge van koring, mos en olie en heuning en van elke opbrings van die land ingelewer en die tiendes van alles in menigte ingebring.
6. En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van die heilige gawes wat aan die Here hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê.
7. In die derde maand het hulle die hope begin opstapel, en in die sewende maand was hulle daarmee gereed.