2 Kronieke 27:3-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Hy het die Boonste Poort van die huis van die Here gebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou.

4. Verder het hy stede gebou op die gebergte van Juda, en in die bosse het hy forte en torings gebou.

5. Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tienduisend kor koring en tienduisend kor gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.

6. En Jotam het magtig geword, want hy het sy weë gerig voor die aangesig van die Here sy God.

7. En die verdere geskiedenis van Jotam en al sy oorloë en sy ondernemings, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda.

2 Kronieke 27