1 Samuel 8:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Samuel oud was, het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel.

2. Die naam van sy eersgeborene was Joël, en die naam van sy tweede Abía, rigters in Berséba.

3. Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.

4. Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel in Rama

5. en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou ’n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies.

1 Samuel 8