1 Samuel 3:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die seun Samuel het die Here gedien voor Eli, en die woord van die Here was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.

2. In dié tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap — sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie —

3. toe die lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaap in die tempel van die Here waar die ark van God was,

1 Samuel 3