1. EN Dawid het by homself gesê: Nou sal ek een van die dae omkom deur die hand van Saul; daar is vir my niks goeds nie, tensy ek dadelik ontsnap na die land van die Filistyne; dan sal Saul die hoop opgee om my langer in die hele grondgebied van Israel te soek, en ek sal uit sy hand ontsnap.
2. Dawid maak toe klaar, en hy saam met die seshonderd man wat by hom was, het deurgetrek na Agis, die seun van Maog, die koning van Gat.