9. Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ’n mens oorwin nie deur krag nie.
10. Die wat met die Here twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die Here oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.
11. Daarna het Élkana na sy huis, na Rama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli die Here bly dien het.
12. MAAR die seuns van Eli was deugniete; hulle het die Here nie erken nie.
13. Die handelwyse van die priesters teenoor die volk was só: As iemand ’n offer slag, dan kom die dienaar van die priester, net soos die vleis kook, met die drietandvurk in sy hand,
14. en steek in die kastrol of in die pot of in die pan of in die skottel: alles wat die vurk optrek, neem die priester vir homself. So het hulle met al die Israeliete gedoen wat daar, in Silo, gekom het.