1. DAARNA sê die Here aan Samuel: Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor Israel? Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Ísai, die Betlehemiet, want Ek het onder sy seuns vir My ’n koning uitgesoek.
2. Maar Samuel vra: Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê die Here: Neem ’n jong koei met jou saam en sê: Ek kom om aan die Here te offer.
3. Nooi Ísai dan na die offermaaltyd, en Ek sal jou bekend maak wat jy moet doen, en jy moet die een vir My salf wat Ek jou sal noem.
4. En Samuel het gedoen wat die Here gespreek het; en toe hy by Betlehem aankom, het die oudstes van die stad hom bewend tegemoetgegaan en gevra: Is u koms vrede?
5. En hy sê: Vrede! Ek kom om aan die Here te offer; heilig julle, en kom met my saam aan die offermaaltyd. En hy het Ísai en sy seuns geheilig en hulle na die offermaaltyd genooi.
6. Toe hulle inkom en hy Elíab sien, dink hy: Gewis, hier staan voor die Here sy gesalfde!