1 Samuel 10:1-2 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het die Here jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?

2. As jy vandag van my af weggaan, sal jy by die graf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het die saak van die esels laat vaar en is besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir my seun doen?

1 Samuel 10