1 Kronieke 9:31-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. En Mattítja, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad.

32. En van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die toonbrode om dit elke sabbat klaar te maak.

33. En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig.

1 Kronieke 9