4. En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
5. Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend.
6. Hierdie Benája was ’n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad.
7. Die vierde vir die vierde maand was Ásahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
8. Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.
9. Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.