5. Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
6. En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.
7. En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.
8. En die seuns van Etan was Asárja.
9. En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.
10. En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van Juda.
11. En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas;
12. en Boas van Obed, en Obed van Ísai;
13. en Ísai was die vader van Elíab, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde;
14. van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde,
15. van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende.