4. En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.
5. Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
6. En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.
7. En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.
8. En die seuns van Etan was Asárja.