1 Kronieke 2:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIT is die seuns van Israel: Ruben, Símeon, Levi en Juda, Íssaskar en Sébulon,

2. Dan, Josef en Benjamin, Náftali, Gad en Aser.

3. Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die Here mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.

4. En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.

5. Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

6. En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.

1 Kronieke 2