25. en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.
26. HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ’n psalm of ’n lering of ’n taal of ’n openbaring of ’n uitlegging — laat alles tot stigting geskied.
27. En as iemand in ’n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.
28. Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.
29. Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.
30. Maar as daar iets geopenbaar is aan ’n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.