1. MAAR aan sy huis het Salomo dertien jaar gebou en die hele huis voltooi.
2. Hy het naamlik die huis van die Líbanon-bos gebou, honderd el in sy lengte en vyftig el in sy breedte en dertig el in sy hoogte, op vier rye sederpilare en sederbalke op die pilare.
3. En dit was van bo oordek met sederhout, op die verdiepings wat rus op die pilare, vyf-en-veertig bovertrekke, vyftien in ’n ry.
4. En daar was drie rye vensters van latwerk; en oop venster teenoor oop venster, drie maal.
5. En al die deure met die vensters was vierkantig van houtwerk, en venster was teenoor venster, drie maal.
6. En die pilare-voorhuis het hy gemaak, vyftig el in sy lengte en dertig el in sy breedte, met ’n voorportaal daarvoor, naamlik pilare en ’n afdak daaroor.
7. Verder het hy die troonsaal gemaak waar hy reggespreek het, die regsaal, en dit was bedek met sederhout van vloer tot vloer.
8. Ook sy huis waar hy gewoon het, in die ander voorhof, van die saal af binnekant toe, was van dieselfde maaksel; en hy het vir die dogter van Farao wat Salomo geneem het, ’n huis gemaak soos hierdie saal.