1 Konings 17:21-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die Here aangeroep en gesê: Here my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer.

22. En die Here het Elía verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.

23. Daarop neem Elía die kind en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en Elía sê: Kyk, jou seun lewe!

24. En die vrou sê vir Elía: Nou weet ek dit dat u ’n man van God is en dat die woord van die Here in u mond waarheid is.

1 Konings 17