1 Konings 11:23-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. God het ook as teëstander vir hom verwek Reson, die seun van Éljada, ’n vlugteling van sy heer Hadadéser, die koning van Soba.

24. In die tyd toe Dawid hulle gedood het, het hy manne om hom versamel, sodat hy owerste van ’n bende was; en hulle het na Damaskus getrek en daarin gewoon en in Damaskus geregeer.

25. En hy was ’n teëstander van Israel al die dae van Salomo — en dit nog by die kwaad wat Hadad gedoen het — want hy het ’n afsku van Israel gehad, en hy het oor Aram koning geword.

26. OOK Jeróbeam, die seun van Nebat, ’n Efraimiet uit Seréda — die naam van sy moeder was Serúa, ’n weduwee — ’n dienaar van Salomo, het sy hand opgehef teen die koning.

27. En dít was die aanleiding dat hy die hand teen die koning opgehef het: Salomo het Millo gebou en daardeur die skeur aan die stad van sy vader Dawid toegemaak.

1 Konings 11