26. Maar mý, u dienaar, en Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.
27. As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit nie.
28. Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep Bátseba vir my! En sy het ingekom voor die koning en voor die koning gaan staan.
29. Toe sweer die koning en sê: So waar as die Here leef wat my uit alle benoudheid verlos het,
30. sekerlik, soos ek u by die Here, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo ná my koning moet word en hý op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.