Spreuke 6:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Nog ’n bietjie verder slaap, nog ’n bietjie lê en sluimer, nog ’n bietjie hande gevou lê om uit te rus.

11. Skielik oorval die armoede jou soos ’n struikrower. ’n Tekort aan kos oorrompel jou soos ’n gewapende dief.

12. ’n Nikswerd mens en ’n mens vol onregverkoop altyd leuens.

13. Hy knipoog vir sy maats, hy beduie met sy voet, hy gee met die vingers tekensvan sy planne.

14. Hy kom altyd met ’n skelmstreek. Hy maak moeilikheid so ver hy gaan.

15. Maar so ’n mens se ondergang kom baie skielik. Hy stort in duie en niks kan hom dan red nie.

Spreuke 6