1. My seun, as jy borg staan vir jou vriendof instaan vir die skuldvan ’n vreemdeling;
2. as jy gevang is deur wat jy sê,vir jouself ’n strik gestel het deur jou woorde,
3. dan moet jy gou iets daaraan doen,my seun! Jy het beland in die mag van jou vriend. Gaan probeer jouself loskry. Gaan dring nederig by hom aan om dit nietig te verklaar.
4. Moenie nog slaap nie. Moenie dit los vir ’n ander dag nie.
5. Red jou uit sy mag soos ’n wildsbok wat die jagter afskud. Kom daaruit soos ’n voëltjie wat ontsnap uit die net van ’n voëlvanger.
6. Jou luiaard, gaan leer by die mier.Kyk wat hy doen. Leer wat wysheid is by hom.
7. Hy het nie ’n leier, of ’n opsigter, of iemand wat agter hom staan nie.
8. Hy kry reeds in die somer sy kosvoorraad reg.In die oestyd maak hy kos bymekaar.
9. Jou luiaard, hoe lankgaan jy nog lê en slaap? Wanneer gaan jy eendag opstaan uit jou slaap?
10. Nog ’n bietjie verder slaap, nog ’n bietjie lê en sluimer, nog ’n bietjie hande gevou lê om uit te rus.
11. Skielik oorval die armoede jou soos ’n struikrower. ’n Tekort aan kos oorrompel jou soos ’n gewapende dief.
12. ’n Nikswerd mens en ’n mens vol onregverkoop altyd leuens.
13. Hy knipoog vir sy maats, hy beduie met sy voet, hy gee met die vingers tekensvan sy planne.
14. Hy kom altyd met ’n skelmstreek. Hy maak moeilikheid so ver hy gaan.
15. Maar so ’n mens se ondergang kom baie skielik. Hy stort in duie en niks kan hom dan red nie.
16. Daar is ses dinge wat die Here haat, nee, eintlik sewe dinge waarvan Hy ’n afsku het: