12. Haar hele lewe lankbring sy vir hom net voordeel,nie ellende nie.
13. Sy kry wol en vlas in die handeen verwerk dit met genot.
14. Sy is soos die handelskepe, van ver af bring sy haar kos in.
15. Sy staan op as dit nog nag is. Sy maak ontbyt vir haar huisgesin. Die dag se werk deel sy aan haar slavinne uit.
16. Sy bereken die waarde van ’n stuk grond en koop dit. Sy plant ’n wingerd daarop met die geld wat sy verdien.
17. Sy werk baie hard. Haar hande staan vir niks verkeerd nie.
18. Sy kyk of haar transaksieswinsgewend is. Haar lamp brand deur die hele nag.
19. Sy werk met die spinwiel, haar hande is bedrywig met die weefbalk.
20. Haar hand is oop vir die armes. Sy is vrygewig teenoor behoeftiges.
21. Die wintersneeu hou geen vrees invir haar huisgesin nie.Hulle het almal warm klere.
22. Sy maak vir haarself dekens. Sy dra goeie klere van linne en wol.