1. Die woorde van koning Lemuel van Massa. ’n Uitspraak, wat sy ma vir hom geleer het:
2. My seun, my kind wat ek in die wêreld gebring het, oor wie ek ’n gelofte afgelê het,
3. jy moenie jou lewe op vroue verspil nie. Moenie jou lewe deurbring met hulle wat konings laat struikel nie.
4. Lemuel, dit pas beslis nie by konings om te veel wyn te drink nie. Dit pas nie regeerders om hulle aan drank oor te gee nie.