Spreuke 30:5-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Elke woord van Godis getoets. Hy beskerm elkeen wat beskerming by Hom kom soek.

6. Moenie iets byvoeg by wat Hy gesê het nie. Hy sal jou straf. Jy sal leuenaar genoem word.

7. Twee dinge wil ek van U vra. Moenie dit weier solank ek leef nie.

8. In die eerste plek, keer tog dat ek lieg. In die tweede plek, laat my nie arm of ryk wees nie. Gee asseblief vir my net dit wat nodig is.

9. As ek te veel het, sal ek U verloën en vra: “Nou wie is die Here?”As ek te arm is, sal ek steel en my God se Naam beswadder.

10. Moet nooit ’n slaaf vals beskuldig by sy eienaar nie. Hy sal jou vervloek en dan moet jy die gelag betaal.

11. Party mense vervloek hulle pa en weier om hulle ma te seën.

12. Dis mense wat dink hulle is foutloos, maar die vuil kan nooit van hulle afgewas word nie.

13. Hulle is vol hoogmoed en vol van hulleself.

14. Hulle het tande soos swaardeen slagtande soos messe. Hulle teer op die hulpeloses en die armes onder mense.

15. Die bloedsuier het twee dogters. Die een se naam is “Gee!” en die ander s’n ook “Gee!”. Daar is drie dinge, nee, eintlik vier, wat nooit tevrede is nie:

Spreuke 30