Spreuke 30:18-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Daar is drie dingewat vir my te verbasend is, nee, eintlik is daar vierwat ek glad nie kan verstaan nie:

19. hoe ’n arendin die lug kan bly, hoe ’n slang teen ’n rots kan uitseil, hoe ’n skip op die see kan vaar en hoe ’n man die hart van ’n meisie wen.

20. Net so verbasend is dit wanneer ’n wellustige vrou haar seksuele sin kry, haar mond afvee en dan kan sê: “Ek het niks verkeerds gedoen nie.”

21. Daar is drie, nee, eintlik vier dingewat die lewe op aardeondraaglik maak:

22. ’n slaaf wat koning geword het, ’n dwaas wat hom vol geëet het,

23. ’n vrou wat nie ’n man kon kry nie en toe tog getrou het, en ’n bediende wat by haar eienares oorgeneem het.

24. Daar is vier goed op aarde wat klein is,maar uitsonderlik wys:

25. miere wat nie sterk is nie, maar tog reeds weet om in die somer kos weg te sit;

26. dassies wat nie baie krag het nie, maar tog tussen die rotse bly;

27. sprinkane wat nie ’n koning het nie, en tog in gelid beweeg;

28. geitjies wat jy met die hande vang, maar tog in paleise van konings bly.

29. Daar is drie, nee, eintlik vier wat pronkerig kan beweeg:

30. ’n leeu, die koning van die diere,wat vir niks uitdraai nie;

31. ’n oorlogsperd; ’n bokram; ’n koning omring deur sy leër.

32. As jy dom opgetree het deur jou aan te matig of slegte dinge beplan het, sit dan jou hand voor jou mond.

Spreuke 30