Spreuke 3:16-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe. Met die ander hand rykdom en eer.

17. Wysheid maak ’n mens gelukkig. Wie dit volg, beleef vrede.

18. Vir dié wat daaraan vashou, is dit ’n boom van die lewe. Hulle wat daarop steun, is geseënd.

19. Die Here het die aarde met wysheid op sy plek neergesit, met insig die hemel oopgespan.

20. Deur sy kennis hetwater uit die diep fonteine geborrelen het daar reën uit die wolke geval.

21. My seun, moenie takt en oorleg uit die oog verloor nie. Hou altyd daaraan vas.

22. Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring.

23. Jou pad sal veilig wees. Jy sal nie struikel nie.

24. Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees. Jy sal rustig kan bly slaap.

25. Jy hoef nie bang te wees dat teëspoed jou skielik sal tref nie. Die rampe vir slegte mense bedoel, sal nie oor jou kom nie.

Spreuke 3