Spreuke 29:6-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. ’n Goddelose mens se eie sonde is sy ondergang. Iemand wat reg doen, kan vrolik sing.

7. ’n Regverdige mens gee omvir arm mense se regte. ’n Goddelose mens het geen begrip daarvoor nie.

8. Ligsinnige mensekan ’n hele stad op hol jaag; wyse mense laat gemoedere bedaar.

9. Wanneer ’n wyse man ’n hofsaak maak teen ’n dwaas, sal die dwaas heftig raak en hom beledig. Daar sal nie kalmte in die hofsaal wees nie.

10. Moordenaars haat ’n opregte mens; eerlike mense help mense wat eerbaar lewe.

11. ’n Dwaas bars uit in woede.Iemand wat wys is, hou homself in toom.

12. Iemand wat regeer en hom aan leuens steur, stel goddeloses aan in sy diens.

13. ’n Arm mens en sy onderdrukkerhet een ding in gemeen:Die Here gee aan al twee die lewenslig.

Spreuke 29