Spreuke 29:14-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. ’n Koning wat armes billik behandel in die regspraak, sal lank regeer.

15. ’n Pak slae en ’n teregwysing bring wysheid. ’n Kind wat aan homself oorgelaat is, steek sy ma in die skande.

16. As goddeloses vermeerder, word oortredings ook meer. Die regverdiges sien die ondergang van goddeloses.

17. Leer jou seun wat dissipline is en jy sal gerus wees oor hom. Hy sal jou vreugde verskaf.

18. Wanneer ’n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie,verloor hulle koers. As hulle leef volgens sy wet is hulle gelukkig.

19. Jy kan nie ’n slaaf net met woorde op die regte pad hou nie. Hy sal verstaan wat jy sê, maar tog nie na jou luister nie.

20. Jy sien self daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir iemand wat praatsonder om eers te dink.

21. ’n Slaaf wat van kleins af bederf is, is opstandig wanneer hy groot is.

Spreuke 29