Spreuke 29:1-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wie hom hardkoppig teen teregwysings bly verset, stort skielik ineen. Niks kan dan weer vir homherstel bring nie.

2. ’n Volk juig wanneer regverdige menseregeer, hulle sug wanneer goddeloses aan bewind is.

3. ’n Man wat lief is vir wysheidmaak sy pa baie gelukkig. Een wat hom besig hou met prostitute, mors sy geld.

4. ’n Regverdige koning bring bestendigheid in sy land. Een wat buitengewone belasting wil hê, ruïneer sy land.

5. Iemand wat sy medemens vlei, is besig om ’n valstrik te stel.

6. ’n Goddelose mens se eie sonde is sy ondergang. Iemand wat reg doen, kan vrolik sing.

7. ’n Regverdige mens gee omvir arm mense se regte. ’n Goddelose mens het geen begrip daarvoor nie.

8. Ligsinnige mensekan ’n hele stad op hol jaag; wyse mense laat gemoedere bedaar.

9. Wanneer ’n wyse man ’n hofsaak maak teen ’n dwaas, sal die dwaas heftig raak en hom beledig. Daar sal nie kalmte in die hofsaal wees nie.

10. Moordenaars haat ’n opregte mens; eerlike mense help mense wat eerbaar lewe.

11. ’n Dwaas bars uit in woede.Iemand wat wys is, hou homself in toom.

12. Iemand wat regeer en hom aan leuens steur, stel goddeloses aan in sy diens.

13. ’n Arm mens en sy onderdrukkerhet een ding in gemeen:Die Here gee aan al twee die lewenslig.

14. ’n Koning wat armes billik behandel in die regspraak, sal lank regeer.

15. ’n Pak slae en ’n teregwysing bring wysheid. ’n Kind wat aan homself oorgelaat is, steek sy ma in die skande.

Spreuke 29