11. As jy wys is, my seun,sal dit my gelukkig maak.Dan sal ek kan terugantwoord wanneer ek bespot word.
12. ’n Verstandige mens sien onheil kom en kruip daarvoor weg. Onverstandige mense loop oopoë daarin en betaal die prys daarvoor.
13. Vat iemand se klere as hy borg staan vir ’n vreemdeling. Hou dit as pand wanneer hy borg staan vir ’n vreemde vrou.
14. As iemand vroegoggendsy buurman luidrugtig môre-sê, kan dit lyk of hy hom eerder vervloek.
15. ’n Vrou wat aanhou neul, is soos ’n aanhoudende gedrup op ’n reëndag.
16. Om haar te probeer stilkry, is net so goed as om die wind te laat ophou waai of olie te probeer vashou met jou hande.
17. Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.
18. Wie sy vyeboom versorg, eet van sy vrugte. Wie omsien na die belangevan sy werkgewer, sal voordeel daaruit trek.
19. Soos jou gesig weerkaats in water,so wys iemand se hart wat in hom aangaan.
20. Die doderyk en die onderaardse diepte word nooit vol van dooie mense nie. So kry ’n mens se begeertes ook nooit ’n einde nie.
21. ’n Smeltkroes bepaal die gehalte van silwer, die vuuroond bepaal die suiwerheid van die goud. ’n Mens se waarde word bepaal deur wat mense van hom sê.
22. Al sit jy ’n dwaas in ’n stampblok en al maal jy hom tussen die graankorrels in die meule, jy sal sy dwaasheid nooit uit hom kry nie.
23. Jy moet goed weet hoe dit met jou kleinvee gaan, jy moet omsien na jou veetroppe.
24. Rykdom is nie vir altyd nie; selfs ’n koning se kroon hou nie geslagte lank nie.