Spreuke 26:21-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. ’n Bakleierige mens veroorsaak rusies, net soos gloeiende kole ’n vuur laat opvlam en soos droë hout ’n vuur laat vlam vat.

22. Na skinderstoriesluister mense graag,maar dit word maklikdeel van jou lewe.

23. Glasuur oor ’n potskerf, so is vleiende woorde wat uit ’n bose hart kom.

24. Iemand wat in sy hart haaten bedrog koester,steek dit weg agter sy woorde.

25. Wanneer so iemand mooi dinge sê, moet jy dit glad nie glo nie. Hy is vol bose bedoelings.

26. Al steek hy sy haat vernuftig weg, sy kwaad sal in die gemeenskap duidelik word vir almal.

27. Iemand wat ’n vanggat vir ’n ander mens grawe, val self daarin. Die klippe wat hy in ’n ander se pad rol, sal na hom toe terugkom.

28. Iemand wat leuens vertel, haat dié wat hy benadeel.’n Persoon wat ander vlei,veroorsaak ellende.

Spreuke 26