23. Die woorde hieronderkom ook van wyse mense. Moenie bevooroordeeld weeswanneer jy moet regspreek nie.
24. Die volk kryt ’n regter uit wat vir ’n skuldige sê: “Jy is onskuldig.” Mense en volke is verontwaardig daaroor.
25. Wanneer regters ’n regverdige beslissing maak, word hulle geprys en oorvloedig geseën.
26. Eerlike antwoorde is soos ’n soen op die mond.
27. Maak eers buite regen bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou.
28. Moenie teen iemand getuig as hy jou nie rede daarvoor gegee het nie. Moenie mense mislei met wat jy sê nie.
29. Moenie sê nie: “Soos hy aan my gedoen het, sal ek aan hom doen. Ek sal hom in gelyke muntterugbetaal.”
30. Ek het by ’n lui mens se landeryeverbygeloop. Die wingerd was die eiendomvan ’n onverstandige mens.
31. Onkruid het dit heeltemal ingeneem. Dit was toegegroei onder bossies. Sy klipmuur het omgeval.
32. Ek het nagedink oor wat ek gesien het. Ek het iets daaruit geleer.
33. Nog ’n bietjie verder slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie handevou om agteroor te sit,
34. dan kom jou armoede aangestap, en oorval behoeftes jousoos ’n gewapende inbreker by jou huis.