Spreuke 23:20-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Jy moenie jou tyd verspil op suiplappe en vrate nie.

21. Die dronklap en die vraat maak hulleself arm. Die roes van dronkenskap laat hulle in vodde loop.

22. Luister na jou pa wat jou die lewe gegee het. Moenie jou ma afskryf omdat sy oud geword het nie.

23. Verkry waarheid. Moet nooit daarvan afstand doen nie. Hou vas aan wysheid, selfbeheersing en insig.

24. ’n Pa van ’n kind wat reg doen,het rede vir blydskap. ’n Wyse kind verskaf sy ouers groot vreugde.

25. Laat daar rede wees vir jou pa en jou ma om oor jou bly te wees.Mag jou ma wat jou in die lewe gebring het,rede hê om oor jou te juig.

Spreuke 23