Spreuke 20:10-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Die Here het nie tyd vir dubbele standaarde en vals mate nie.

11. Selfs ’n jongmens word beoordeel volgens wat hy doen;aan sy optrede word bepaal of dit suiwer en opreg is.

12. Die oor wat hoor, die oog wat sien –die Here het al twee gemaak.

13. Moenie lief wees vir slaap nie;jy kan in armoede verval.Wees wakker, en jy sal genoeg hê om te eet.

14. Die koper sê: “Nikswerd! Dis niks werd nie!” Wanneer hy weggaan, spog hy met sy winskopie.

15. Woorde wat uit kennis kom, is kosbaarder as baie goud en edelstene.

16. Vat klere as ’n pand van iemand wat borg staan vir ’n buitelander, kry by hom ’n waarborg wanneer hy instaan vir ’n vreemde se skuld.

Spreuke 20