Spreuke 19:17-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Om na ’n arm mens om te sien, is ’n lening aan die Here. Hy sal jou daarvoor vergoed.

18. Voed jou seun streng op, dan is daar ’n toekoms. Moenie jou te buite gaan en hom skade aandoen nie.

19. ’n Humeurige mens betaal self die prys daarvoor. As jy hom eers een keer oorsien, moet jy dit elke keer herhaal.

20. Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê.

21. ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het.

22. ’n Mens se lojaliteitis prysenswaardig. Dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.

23. Iemand wat respek het vir die Herese lewe is veilig. Hy kan rustig slaap. Geen ramp sal hom tref nie.

24. ’n Luiaard steek sy hand in die skottel, maar hy is te lui om dit na sy mond te bring.

25. As jy iemand wat spot, bestraf, leer jy dié wat nog onervare is. Wanneer jy ’n verstandige teregwys, word hy nog verstandiger.

26. ’n Seun wat sy pa aanrand en sy ma uit die huis jaag, is ’n veragtelike en skandelike mens.

27. My kind, wanneer jy ophou om te luister na teregwysing, draai jy jou rug op verstandige raad.

Spreuke 19