Spreuke 16:11-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Die Here vereis eerlikheid en billikheid in die handel. Hy bepaal die maatstawwe daarvoor.

12. Die koning verafsku misdade. Sy regering berus op regverdigheid.

13. Die koning is tevrede wanneer mense eerlik praat.Hy stel dit op prys as mense die waarheid praat.

14. Die koning se woede is ’n draer van die dood. ’n Wyse mens probeer sy woede afkoel.

15. As die koning glimlag, is daar lewe. Sy goedgesindheid is soos wolke wat lentereëns bring.

16. Om wysheid te bekom,is beter as goud,en insig is beter as silwer.

17. Die regverdige se pad stuur weg van die kwaad. Iemand wat daardie pad volg, beveilig sy lewe.

18. Hoogmoed lei tot ondergang. Hooghartigheid kom net voor die val.

19. Eerder nederig lewesaam met armes as om buit te deel met hoogmoediges.

Spreuke 16