Spreuke 14:32-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. Die goddelose kom tot ’n val deur sy eie boosheid. Die regverdige het ’n toevlug wanneer hy doodgaan.

33. Wysheid vloei voort uit ’n verstandige hart,ook as iemand tussen dwase beweeg,kom dit na vore.

34. Regverdigheid maak ’n volk sterk. Sonde bring skande oor ’n volk.

35. ’n Koning het vreugde in bedrewe amptenare. Hy word kwaad vir een wat skande maak.

Spreuke 14