9. Die lewe van die regverdiges is vol vreugde. Die lewenslig van goddeloses word uitgedoof.
10. Selfvoldaanheid lei altyd tot rusies. Hulle wat na ander luister, het wysheid.
11. Rykdom wat maklik kom, verdwyn net so maklik. Wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, het naderhand baie.
12. Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ’n Begeerte wat vervul word, is soos ’n boom wat lewe gee.
13. Hy wat hom nie steur aan raad nie, soek na moeilikheid. Hy wat hom aan die reëls steur, sal die goeie vrugte daarvan pluk.
14. Die raad wat wyse mense gee, is soos ’n fontein met water wat lewe gee; as jy dit volg, ontsnap jy die lokvalle van die dood.
15. Mense het respek vir iemand wat goeie insig het. ’n Onbetroubare mens loop ’n pad van vernietiging.
16. ’n Verstandige mens dink voor hy iets doen. Dwase mense verkondig hulle dwaasheidaan die wêreld.