Spreuke 13:4-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer.

5. Regverdige mense haat leuens. Goddelose mense bring skade en skandeoor hulleself.

6. Geregtigheid bewaar dié wat onberispelik lewe. Goddeloosheidvernietig die sondaar.

Spreuke 13