Spreuke 13:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. ’n Wyse seun laat sy pa toe om hom reg te help. Een wat met alles spot, steur hom nie eens aan dreigemente nie.

2. Wat ’n mens sê, kan goeie dinge vir jou bring. Hulle wat afvallig is, soek net na geweld.

3. Iemand wat op sy woorde let, bewaar sy lewe. ’n Eindelose gepraterykan alles ruïneer.

4. Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, kry alles wat hulle begeer.

5. Regverdige mense haat leuens. Goddelose mense bring skade en skandeoor hulleself.

6. Geregtigheid bewaar dié wat onberispelik lewe. Goddeloosheidvernietig die sondaar.

7. Sommige mense gee voor hulle is ryk,maar hulle het eintlik niks nie.Ander maak of hulle arm is,maar intussen besit hulle baie.

8. Die ryk man het geld om homself mee los te koop. Die arm man kan nooit afgedreig word nie.

Spreuke 13