Spreuke 11:20-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Die Here het ’n afsku aan agterbakse mense. Hy is lief vir mense wat onberispelik lewe.

21. Slegte mense sal baie beslis nie loskom nie. Die nageslag van die regverdiges sal vrygespreek word.

22. ’n Mooi vrou sonder gesonde oordeel is soos ’n goue ring in ’n vark se snoet.

23. Die regverdiges wens altyd vir die regte dinge. Waarvoor die goddeloses wag, bring net straf.

24. Mense wat graag uitdeel,ontvang altyd meer. Daar is ander wat suinig is en hulle word arm.

25. Mense wat ’n ander iets gun, het self altyd oorvloed. Hulle wat ander se dors les, is self altyd verkwik.

26. Mense vervloek selfsugtige mense wat weier om koring te verkoop. Hulle seën iemand wat bereid is om te verkoop.

Spreuke 11