Sefanja 1:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Ek gaan ook die mense vernietigwat My altyd aanbid het,maar dit nou nie meer doen nie. Hulle stel nie meer in die Here belang of raadpleeg Hom nie.”

7. Wees stil in die teenwoordigheidvan die oppermagtige Here,want die Here se oordeelsdag is naby.Die Here berei ’n offerfees voor,sy gaste het Hy reeds voorberei.

8. Die Here sê:“Op die dag van die offerfeessal Ek die leiers en die prinse straf.Ek sal ook die mense strafwat heidense gewoontes navolg.

9. Op dié dag sal Ek die mense strafwat deelneem aan heidense praktyke.Dit sluit mense in wat ander bedriegen geweld aandoensodat die huise van hulle meestersvol gemaak word met buit.”

10. Die Here sê ook:“Op dié dag sal hulpkrete opgaanby die Vispoortwat tot by die nuwer deel van die stadsal weerklink.Harde knalslaesal vanuit die heuwels opklink.

11. Inwoners van die markplek, huil!Want almal sal sterfwat daar koop en verkoop.

Sefanja 1