Sefanja 1:5-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. die mense wat op hulle dakke gaanen buig om die sterre te aanbid;die mense wat belowe om trou te weesaan die Here,maar terselfdertyd trou bewysaan Molek.

6. Ek gaan ook die mense vernietigwat My altyd aanbid het,maar dit nou nie meer doen nie. Hulle stel nie meer in die Here belang of raadpleeg Hom nie.”

7. Wees stil in die teenwoordigheidvan die oppermagtige Here,want die Here se oordeelsdag is naby.Die Here berei ’n offerfees voor,sy gaste het Hy reeds voorberei.

8. Die Here sê:“Op die dag van die offerfeessal Ek die leiers en die prinse straf.Ek sal ook die mense strafwat heidense gewoontes navolg.

9. Op dié dag sal Ek die mense strafwat deelneem aan heidense praktyke.Dit sluit mense in wat ander bedriegen geweld aandoensodat die huise van hulle meestersvol gemaak word met buit.”

10. Die Here sê ook:“Op dié dag sal hulpkrete opgaanby die Vispoortwat tot by die nuwer deel van die stadsal weerklink.Harde knalslaesal vanuit die heuwels opklink.

11. Inwoners van die markplek, huil!Want almal sal sterfwat daar koop en verkoop.

12. In dié tyd sal Ek in Jerusalemal die donker hoekiesmet lampe deursoek na hullewat so selftevrede in sonde lewe.Ek sal hulle straf! Hulle dink mos:‘Die Here doen niks nie,nie goed of sleg nie.’

13. Maar die vyand sal juis hierdie mensese besittings plunderen hulle huise verwoes.Hulle sal nie die voorreg genietom hulle nuwe huise te bewoon nie.Hulle sal ook nie drink van die wynvan die wingerdewat hulle aangeplant het nie.

14. “Die verskriklike Dag van die Hereis naby.Die dag sal in ’n oogwink aanbreek.Bitter uitroepe sal opklink,dapper mans sal huil.

15. Dan sal Hy sy woede uitstort:’n Tyd van swaarkry en angs.’n Tyd van verwoesting en vernietiging.Dis ’n donker, uitsiglose tyd,soos ’n swaar bewolkte dag,

16. ’n tyd van trompetgeskalen oorlogskrete wat weerklinkoor versterkte stede en vestingtorings.

Sefanja 1